Die eerste indruk wat 'n persoon kry wanner hulle die woord, prediker, hoor, is dié van 'n kanselprediker. Hulle dink aan 'n herder met 'n mooi uitrusting en dikwels selfs 'n das om sy nek, wat in 'n mooi huis langs die kerk woon. Daar is inderdaad kollegas wat geroep is tot hierdie bediening en 'n groot sukses daarvan maak.
Stof is egter minder van 'n kanselprediker, maar bring dikwels Woord daar waar die behoefte is, of daar nou geboue en 'n kansel is, aldan nie. Sy kudde is hulle wat om verkeie redes, hetsy geldig aldan nie, nie graag in die binnekant van 'n kerk wil kom nie. Omdat hierdie gelykgeskape mense egter net so kosbaar voor Vader is, mag hulle behoefte na die Woord, nie geïgnoreer word nie. Daarom is dit Stof se voorreg, om Woord te bring, waar die behoefte is en waar die kudde dit ernstig opneem en waardeer, omdat hulle geestelike so dikwels deur ander geminag word weens vrees vir hulle adres.
Stof is wel van tyd tot tyd op formele kansels en het al menigmaal, op uitnodiging, by formele gemeentes Woord gebring.
As jy dus die behoefte het na stowwerige Woordbediening, maak gerus kontak, en ons maak 'n afspraak.
|